Op die vraag “wat doen Vrymesselary?”, antwoord die meeste Vrymesselaars gelukkig: “ons maak goeie mans, beter”.
Om die waarheid te sê, ons gee hierdie antwoord so dikwels dat dit van die tong afrol en ons op een of ander manier laat voel dat ons beter af is omdat ons dit gesê het. Dit is ‘n simbool van ons goeie bedoelinge, van die doel om ‘n goeie man beter te maak. As dit die geval is, hoe meet ons dan ‘n goeie man en watter gereedskap gee ons hom om hom in staat te stel om homself ‘n beter man te maak? Vrymesselary gebruik die simbole wat uit die tye van die klipkappers ontstaan het om morele, geestelike en intellektuele “lesse” te lewer deur ‘n stelsel van selfkennis sodat goeie mans hulself kan verbeter.
Enigeen wat enige soort selfevaluering voltooi het, sal erken dat daar twee uitdagings is wat verband hou met die verkryging van selfkennis: relevansie en maatstaf; en vooroordeel.
Die eerste uitdaging is die kwessie van relevansie en maatstaf. Wat moet ons van onsself weet en hoe bepaal ons of dit goed of sleg is? Watter eienskappe moet ons oorweeg en aan watter maatstaf moet ons dit meet? Die tweede uitdaging is dié van vooroordeel. Ons het almal ‘n natuurlike vooroordeel wanneer ons onsself meet, sommige sien hulself in ‘n positiewe lig en sal dit oor die algemeen makliker vind om hul sterkpunte te herken as wat dit sal wees om hul swakpunte te identifiseer. Tog is ander oordrewe krities op hulself en is geneig om op hul swakpunte eerder as hul sterkpunte te fokus. Hierdie vooroordeel sal geneig wees om die aandag af te lei van die werklike kwessies wat aandag verg en kan veroorsaak dat ‘n man dit wat aandag verg, afskeep.
DUS, HOE OORKOM VRYMESELAARS HIERDIE UITDAGINGS?
Die Grootlosie van Suid-Afrika verskaf aan ons ‘n “hulpmiddel” wat ons in staat stel om te identifiseer welke eienskappe en elemente gemeet moet word, en verkaf die maatstaf waarteen dit gemeet kan wordl . Tweedens fasiliteer ons ‘n proses van diep nadenke, introspeksie en oorweging. tydens hierdie verkryging van selfkennis deur die kandidaat op spesifieke wyses op te lei – ‘n proses gestimuleer deur die simboliek en allegorie wat in ons ritueel gevind word en deur ons toegapas word.
HIERDIE GEREEDSKAP EN PROSES word DIE MASONIKE SELFONTWIKKELINGSPROGRAM genoem
Die Masonieke Selfontwikkelingsprogram gebruik ‘n lewens-wiel waarteen elke Broeder in staat sal wees om sy eie lewe te meet en homself te beoordeel in terme van die geestelike en praktiese lewens elemente wat vir hom belangrik is.
Die lewens-wiel wat gebruik word, is as volg:
Terwyl sommige van die bogenoemde kwadrante van mens tot mens sal verskil in terme van relatiewe belangrikheid, is die maatstaf van selfkennis ons vermoë as individue om ons persoonlike eienskappe en prestasie in terme van elke spesifieke kwadrant te beoordeel, sonder om die kwadrante te manipuleer sodat hulle pas by ons spesifieke persoonlike agenda.
So vir die ouer man is werk dalk nie ‘n belangrike kwessie nie omdat hy aftrede nader , maar hoe ywerig hy daardie werk verrig en hoe hy ander behandel terwyl hy dit doen, moet sekerlik ook vir hom belangrik bly?
Hierdie subjektiewe element is interessant. Is dit moontlik om ‘n standaard maatstaf te ontwikkel tot voordeel van alle mans? ‘n Instrument waarmee ons almal onsself kan meet en wat konteks gee aan die konsep ”ken jouself”?
By die Groot Losie van Suid Afrika glo ons dit is moontlik, en die Vrymesselaars Self ontwikkelingsprogram is só ontwerp om goeie mans te help om hul lewens-wiel te balanseer in die konteks van ‘n beter man.